Twee ‘was in klub’ op aand van moord in Jeffreysbaai

DIE baas van die Beachfront-nagklub in Jeffreysbaai het gister getuig dat die twee mans wat van die moord op Jonathan Zane Howard (29) aangekla word die aand van die moord in die klub was.


  • DIE baas van di

Wendy Rockman het Dinsdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig sy het Renaldo Kamoetoe (27) en Remeo Janino Booysen (21) haar nagklub verbied, maar hulle het steeds die aand van die moord op die een of ander manier toegang verkry.

Die staat beweer die beskuldigdes en nog ’n man (wat intussen vryge-spreek is) het Howard op 28 April 2017 aangerand, beroof en vermoor.

Luidens die klagstaat het die mans geld by Howard geëis, hom met die vuiste bygedam en geskop. Toe hy val, het hulle hom na ’n plek gesleep waar hulle sy klere uitgetrek en dit vir waardevolle besittings deursoek het. Howard is met ’n bierbottel en stene aangerand en vir dood agtergelaat.

Die beskuldigdes is twee dae ná die moord aangekeer.

Rockman het die aand se beeldmateriaal van die nagklub opgeneem aan die polisie verskaf. Die polisie het dit geneem as bewysstuk teen die beskuldigdes. Ao. Wesley Arendse, ’n video-ontleder van die polisie, het skermgrepe geneem waarin die beskuldigdes verskyn.

Die beskuldigdes bly in aanhou-ding en die saak duur voort.

You need to be Logged In to leave a comment.