- ’
Lethbridge is op 15 Augustus in ’n rooftog in sy huis dood.
Twee gewapende rowers het hom, sy vrou, Cathy (71), en hul 53-jarige huishulp die middag vasgebind en aangerand. Die rowers het ’n onbe-kende bedrag geld en waardevolle artikels gebuit voordat hulle gevlug het.
Al drie die slagoffers se monde is met kleefband toegeplak en Lethbridge het na verneem word versmoor weens ’n lap wat in sy mond gedruk is voordat dit toegeplak is.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die tweede verdagte is Sondag, 8 September omstreeks 03:00 vasgetrek.
Hy het Dinsdag op aanklagte van huisroof en moord in die landdros-hof in Humansdorp verskyn.