ULTIMATE Paints by die Jowelu Centre in Jakarandastraat, Jeffreysbaai vier vandeesmaand hul derde verjaardag – dieselfde maand as wat dié gebou 15 jaar oud is.
“Ultimate Paints wens Wernich Cronje en sy span baie geluk met dié besonderse mylpaal,” sê Ultimate Paints eienaar Andrew Stevenson. “Hulle het oor die jare ’n gevestigde besigheid in die dorp geword. Ons is dankbaar dat ons drie jaar terug langs hulle by die Jowelu Centre kon intrek.”
Volgens Andrew, is 31 Mei ’n besonderse dag vir Ultimate Paints: nie net is dit die besigheid se derde verjaardag nie, maar hy vier ook sy 39ste verjaardag.
Andrew spog met 18 jaar in die verfbe-dryf. Hy het vir 10 jaar Duraline verkoop, waarna hy die Duraline-tak in Humansdorp oorgekoop en na Jeffreysbaai verskuif het.
Sy regterhand, Ashwell Phillips, werk al vyf jaar saam met hom – vandat die tak nog in Humansdorp was – en beskik oor ongelooflike kennis in sy vakgebied. Hy is een van die vriendelikste verkoopspersone in Jeffreysbaai.
Vanessa Stevenson, Andrew se vrou, behartig vir die laaste drie jaar die admini-strasie van die besigheid. Sy help ook graag klante met haar verf-kennis wat sy by Andrew geleer het.
Clint Plaatjies is die professionele verfmenger wat sorg dat elke verfmengsel met akkuraatheid gemeng en nagegaan word.
Ultimate Paints is die enigste winkel in Jeffreysbaai wat kleur-akkuraatheid kan bekom deur slegs na ’n voorbeeld van die spesifieke kleur te kyk.
Hulle het onlangs ’n Coloureye aangekoop, wat hulle in staat stel om ’n kleur by klante se huise akkuraat na te boots.
Andrew besoek huise gratis om te help met raad en opmetings vir kwotasies en spesifikasies. Hy word nie verniet Jeffreysbaai se ‘verfspesialis’ genoem nie.
“Ultimate Paints hou net die hoogste gehalte produkte aan, soos Duraline Paints se Duraklad Verf, wat al vir 13 jaar die buitekant van huise in Kouga beskerm,” sê Andrew.
“Ons verkoop ook Prominent Paints en Weatherprufe Paints wat volgens internasionale standaarde gemaak word.”
Andrew sê: “Ons bedank ons klante vir hul volhoubare ondersteuning – veral die wat in ons en ons produk glo.
“Ek kan nie wag om saam met nuwe klante ’n pad te stap nie.”