DIE Veremark-orrelvereniging hou op Donderdag, 6 November om 13:00 hul jaarlikse liefdadigheidskerskonsert by die Veremark-sentrum in Port Elizabeth.
Die konsert is ten bate van die Kwadruplegiese en Paraplegiese Vereniging van die Oos-Kaap.
Drie orreliste sal feestelike Kersmusiek op die konsertorrel speel.
Die Pretoriase panfluitspeler, Neels Kruger, sal opwindende musiek uitvoer, insluitende Joy to the World, Die Heilige Stad en Enter His Gates.
Die Oos-Kaapse Kinderkoor en die Hemiola-kamerkoor sal Stille Nag, Somerkersfees, Hallelujakoor, You’ll Never Walk Alone en The Lord Bless and Keep You, opvoer.
Die klavier- en orrelduo, Erika Bothma en Albert Troskie, sal ’n verwerking van Eng’le uit die Hoogste Hemel speel.
Daar is ook trompet-, fluit- en vioolspel op die program.
Die toegang is R50 vir volwassenes, R40 vir pensionarisse en R20 vir kinders. Kaartjies is by die deur beskikbaar.
Vir inligting, skakel Albert Troskie by 082 726 9595.