’n Man van Stormsrivier in die Oos-Kaap wat die polisie ses maande lank ontduik het, is Sondag vasgetrek.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die opspo-ringseenheid van die polisie, in samewerking met inwo-ners van die gebied, het die 35-jarige verdagte Sondag om 03:30 buite ’n huis in Storms-rivier Village opgespoor.
Die verdagte is gesoek op aanklagte van huisbraak en verkragting. Hy was uit op parool weens ’n vorige saak van verkragting in 2010.
Volgens Swart het die verdagte glo op 20 Desember 2018 by ’n huis in die Stormsrivier-omgewing ingebreek. Hy het glo ’n televisie gesteel wat la-ter dieselfde dag in die bosse opgespoor is. Die televisie was stukkend.
Die verdagte is ook gesoek weens die verkragting van ’n 16-jarige meisie in die bosse naby Stormsrivier tussen 14 en 20 Desember 2018, sê Swart.
Hy het Dinsdag in die landdroshof in Stormsrivier verskyn.
Brig. John Lebok, Humansdorp se groepbevelvoerder, het die polisie vir hul harde werk geloof.
Hy het die gemeenskap bedank vir die waardevolle inligting wat gelei het tot die verdagte se inhegtenisneming.