DIE Victory Christian School in Jeffreysbaai, in samewerking met die ATKV-tak Brandervolts, bied op Vrydag, 26 April en Saterdag, 27 April ’n C-Fees by die skool aan.

Feesgangers kan uitsien na voordrag en drama die Vrydagmiddag, terwyl verskeie kore die aand optree en gaskunstenaars ’n konsert op die planke gaan bring.

Die Saterdagmiddag is propvol dans en instrumentaal, gevolg deur sang en individuele instrumente die aand. Daar is ook poësie, kuns, fotografie, kosstalletjies en kunswerkwinkels op beide Vrydag en Saterdag.

Vir meer inligting, skakel Ulunde Bezuidenhout by 073 120 3562.

You need to be Logged In to leave a comment.