Vroue het eie byeenkoms as manne saamtrek

VROUE het hul eie besondere byeenkoms wanneer die manne vir hul 2019 Mighty Men Conference in die Oos-Kaap saamtrek om geestelik bemagtig te word.


VROUE het hul eie besondere byeenkoms wanneer die manne vir hul 2019 Mighty Men Conference in die Oos-Kaap saamtrek om geestelik bemagtig te word.

Die vrouekonferensie op 9 Maart by Lombardini net buite Jeffreysbaai val saam met die manne-naweek op die plaas, Mooi Uitsig.

Die doel is om ons kosbare vroue ‘n lewensveranderende ervaring te bied, sê hooforganiseerders Nedene Genis en Griselda Strydom.

Vanjaar se tema, My Beloved – Beauty from Ashes, is baseer op Jesaja 61:3.

“Dis ‘n voorreg om vir die tweede jaar vroue byeen te kry om die Here se teer liefde en aanraking te beleef,” sê Genis.

“Met die vorige geleentheid was die reaksie so oorweldigend dat ons verplig was om getalle te beperk. Dit het ons genoop om ‘n groter bymekaarkomplek te vind.

Vroue het nodig om op hul eiesoortige manier saam te aanbid en mekaar te be- dien, en Lombardini bied ons dié geleentheid.”

Op die Saterdag kom slegs vroue saam vanaf 09:00 tot 14:30.

Kaartjies is beskikbaar teen R130 by www.mightymeneasterncape.co.za. Dit sluit ‘n ligte middagete en drinkgoed in.

Gryp die geleentheid aan deur Griselda by 074 356 8922 of Nedene by 082 565 1423 of op hul Facebook-blad te kontak vóór die plekke opgeraap is.

You need to be Logged In to leave a comment.