OP SATERDAG 27 Februarie sal Xclusive Fitness gasheer wees vir Dr André Hattingh en sy mede–motorfietsryers van die Steel Wings Laeveld motorfietsklub op ’n reis van bykans 70 00km deur Suid-Afrika, as pitstop en deel van hul roete.

Dr. André Hattingh. Foto: VERSKAF

Hierdie jaarlikse ‘Ride for a Child’ inisiatief is deur Dr Hattingh as ’n fondsinsameling begin om fondse in te samel vir Pediatric Care Africa (PDA), ’n nie-winsgewende organisasie wat hy in 2017 gestig het. Hierdie organisasie spits hom daarop toe om aan kinders regoor Afrika operasies, medikasie en mediese sorg te bied.

Die doelwit vir vanjaar se reis is om genoeg fondse in te samel vir 70 lewensnoodsaaklike operasies vir kinders in Suid–Afrika. PDA poog verder om te sorg dat geen kinders honger en ondervoed is nie, en daarom bied hulle ook kospakkies vir baie gesinne wat landwyd aan ramptoestande blootgestel is.

Gemeenskapsbetrokkenheid by elke stop is van uiterste belang om hierdie inisiatief suksesvol te maak.

Saterdag sal heerlike kosstalletjies en ’n vei-ling deel uitmaak van die dag se joligheid en alle motorfietsryers en klubs word uitgenooi om by die geselskap aan te sluit by Xclusive Fitness by Diazweg 50 in Jeffreysbaai. Die dag se verrigtinge sal om 11:00 begin en teen 17:00 eindig.

Pediatric Care Africa vra vir geldelike do-nasies van enige bedrag, sowel as geskenbe-wyse of voorrade wat die organisasie kan gebruik om die mense in hulle sorg te help. Dié bydraes kan persoonlik aan Dr Hattingh oorhandig word deur verteenwoordigers van maatskappye, óf deur ’n verteenwoordiger van Xclusive Fitness, as dit nie moontlik is vir die skenker om die geleentheid self by te woon nie.

Voor hulle vertrek op 14 Februarie is skoolskoene en kospakkies aan verskeie behoeftiges deur Ride for a child oorhandig.Foto:Facebook

Vir die reis benodig hulle brandstof, onderhoud vir hul fietse sowel as ’n borg wat bereid sal wees om die ryers van ’n ete te voorsien. Plaaslike besighede en individue word uitge-nooi om deel te word van hierdie dag.

Kontak vir Mandy Pieters by Xclusive Fitness by 078 223 1065 vir verdere inligting oor hierdie inisiatief.

You need to be Logged In to leave a comment.