LEKKER kos . . . vriende . . . goeie geselskap en dansmusiek.

Twee gelukkige Kouga Express-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp se Winterdans wen.

Die dans vind op 8 Junie om 19:00 by Lombardini plaas. Kaartjies kos R250 per persoon en die drag is semi-formeel.

’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Vir meer inligting en kaartjies, skakel Rista by 042 295 1130.

WEN! WEN! WEN!

Om vir een van die dubbelkaartjies in aanmerking te kom, vind die artikel op die Kouga Express se Facebook-blad, en beantwoord die maklike vraag: hoeveel spesies renosters bestaan tans wêreldwyd?

Die kompetisie sluit om 12:00 op Donderdag, 31 Mei.

You need to be Logged In to leave a comment.