Boordwerkers wys eersdaags hul slag met die snoeiskêr tydens die Felco en Agrimark boordsnoei-kompetisie in Patensie.Foto: MONIQUE BASSON


TIENTALLE boordwerkers op plaaslike si-trusplase wys eersdaags hul slag met die snoeiskêr tydens die Felco Boordsnoei-kompetisie in Patensie – ’n eerste vir die Gamtoosvallei.

Die doel?

“Om erkenning te gee aan werkers wat ’n moeilike, maar absoluut noodsaaklike taak, op plase verrig – ongeag wind of reën. Of bloe-dige hitte,” sê Louis Liebenberg van Felco wat sedert 2010 snoeikompetisies in die wynbe-dryf aanbied.

Die dag skop af met registrasie om 08:30, gevolg deur die uiteensetting van die reëls om 09:00.

Beroepsnoeiers neem om 09:45 hul gelote plekke in, en die snoeiskêre begin om 10:00 in alle erns vir 45 minute te klap.

Die prysuitdeling vind om 13:15 plaas.

Die bobaas-snoeiers stap weg met medaljes, trofeë, geskenkbewyse en kontantpryse.

Elke deelnemer ontvang ’n hoed en ge-skenkpak.

“Die eer om as die beste snoeier in ’n streek aangewys te word, beteken erkenning en beloning vir werkers vir hul vakmanskap en tegniese vaardighede,” sê Liebenberg.

“Ons glo dat die sitrus snoeikompetisie so gewild gaan raak, dat uitdunne gehou sal word. Slegs finaliste sal dan na die eindronde deurdring, waar die topsnoeier in die Oos- Kaap gekroon sal word.

“Ons het met die wingersnoeikompetisie gesien dat die standaard van snoei jaarliks verbeter namate die snoeiers meeding om as wenner uit die stryd te tree. Dit help die be-dryf geweldig baie, en het ’n positiewe ekonomiese impak.”

Inligting

Die Felco Boordsnoei-kompetisie vind vanaf 08:30 tot 14:00 op Donderdag, 25 September tussen die Gamtoos-besproeiingsraad en Paksaam in Patensie plaas.

Vir meer inligting, skakel Liebenberg by 083 345 210 of TInkie by 082 891 4161.

You need to be Logged In to leave a comment.