Met meer as 30 jaar se ervaring in die musiekbedryf, het die gewilde sangpaar Francois en Elizabeth Fourie, ‘n wonderlike storie om te vertel, en menige bekende treffers om te deel.
Die sangpaar is bekend vir veral die treffer, Wil jy dans, Carina?
Francois en Elizabeth, met hulle welbekende Afrikaanse duet-klank, en besondere sprankel op die verhoog, is immergeliefd.
Enigeen wat al ‘n vertoning bygewoon het, ervaar veel meer as net ‘n lekker ligte vermaaklikheidskonsert.
Hul bring hul vertoning, ‘Wil jy dans, Carina?’ – ‘n musiek-storie propvol nostalgie na Humansdorp, waar dit op Saterdag 17 Mei om 15:00, by die NG Moederkerk op Humansdorp aangebied sal word.
Hierdie konsert beloof om die vorm aan te neem van ‘n heerlike kuier-middag. Kom geniet dit saam!
Daar sal ook musiekalbums beskikbaar wees, met ‘n verskeidenheid van ligte- en geestelike musiek vir kinders sowel as grootmense.
Kaartjies kos R60 per persoon en kan by die deur gekoop word.
Skakel gerus die Kerkkantoor by 042 295 2006 vir verdere inligting.