DIE SA Jaggeweerskietvereniging (SAJSV) hou op 17 en 18 Mei hul jaarlikse SA Ope vir 2019 by die Langkloof Skietklub in Joubertina.
Skuts – professioneel en beginners – van die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Vrystaat en KwaZulu-Natal gaan tydens die kompetisie om die wen-trofee in die verskillende kategorieë meeding: pen-koppe (13 jaar en jonger), juniors (14 – 17 jaar), dames, mans seniors (50 – 59 jaar), en veterane (60 jaar en ouer).
Eerste op die skietbaan is die top 90 skuts (50 mans, 20 dames en 20 juniors) wat om Protea-klere meeding. Die sewe beste skuts sal Suid-Afrika by internasionale toernooie verteenwoordig.
Op die Saterdag kan alle skuts en besoekers aan die ope kompetisie deelneem wat oor ses bane van vyf skote geskiet – dus 30 skote.
Die afstande wissel tussen 60m en 350m en word nie vooraf bekendgemaak nie. Die onbekende afstand en wind is deel van die uitdaging.
Geen afstand- of windmeters mag gebruik word nie.
Die kompetisie sluit af met ’n gala-ete en prysuitdeling.
- D
Registrasie is om 07:00 op die dag en die bane open om 09:00 vir die kompetisie. Die prysuitdeling vind om 18:00 plaas.
Vir meer inligting, skakel Renard Oelofsen by 082 456 0260, Johan Mul-ler by 079 517 6980 of Wicus Linde by 082 776 3486.
Stuur ’n epos na woelf@net4alll.co.za.