Die Zuuranys Primêre Skool in Kareedouw het onlangs hul jaarlikse skoolkonsert – Rooikappie met ’n kinkel – op die planke gebring. In dié weergawe van die gewilde kinderstorie, eet die nare wolf nie vir Rooikappie nie, maar vra haar om te trou. Almal in die bos dans en hou makietie. Leerders (agter van links) Chavon Langa, Jadene Kleinbooi, Ruhan Floors, Legeeha Swartbooi, (voor) Regan Makoenie, Micurline du Bruyn, Saudin van Reenen, Kiara Draai en Jeronemo Prins het die gehoor vermaak. Foto:VERSKAF